Xian MA60

Die Xian MA60 (新舟60, Xīnzhōu liùshí, "Modern Ark 60") is 'n turboskroef-aangedrewe passasiersvliegtuig wat in China vervaardig word deur Xi'an Aircraft Industrial Corporation onder die toesig van die Lugvaartindustriekorporasie van China. Die MA60 is 'n verlengde weergawe van die Xian Y-7, wat op sy beurt op die Antanov-24 gebaseer is. Die MA60 is 'n stewige vliegtuig met kort-opstyg-en-landingsvermoë. Die vliegtuig het in Junie 2000 sy tipe-sertifikaat by die Burgerlugvaartadministrasie van China ontvang. Daar is egter nie aansoek gedoen by die FAA (Amerika) en EASA (Europa) vir tipe-sertifisering van die MA60 nie; om hierdie rede kan hy nie in hierdie gebiede gebruik word nie.


Developed by StudentB